Athenaeus van Naukratis

Athenaeus van Naukratis
'n Manuskrip van die Deipnosophistae uit 1535
GeboreLaat-2de eeu n.C.
Naukratis, Romeinse Ryk (hedendaagse Egipte)
SterfVroeë 3de eeu n.C.
Onbekend
BeroepSkrywer, grammatikus em retorikus

Athenaeus van Naukratis (Grieks: Ἀθήναιος ὁ Nαυκρατίτης of Nαυκράτιος, Athēnaios Naukratitēs of Naukratios; Latyns: Athenaeus Naucratita) was 'n Griekse retorikus en grammatikus wat geleef en gewerk het aan die einde van die 2de eeu en die begin van die derde eeu n.C. Die Suda vermeld slegs dat hy geleef het in die tyd van Marcus Aurelius, maar die minagting waarmee hy melding maak van Commodus, wat in 192 gesterf het, impliseer dat hy dié keiser oorleef het. Hy was 'n tydgenoot van Adrantus.[1]

Athenaeus verklaar self dat hy die skrywer was van 'n verhandeling oor die thratta, 'n soort vis wat deur die digter Archippus en ander komiese digters vermeld is, en van 'n geskiedenis van die Siriese konings. Albei werke is verlore. Van sy werke bestaan slegs dele van die vyftien-volume Deipnosophistae.

  1. Smith, William (1867), "Adrantus", in Smith, William, Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology, 1, Boston, pp. 20, http://www.ancientlibrary.com/smith-bio/0029.html, besoek op 2016-05-10 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search